Production Manager (Kromfontein)
Carlysle Human Capital Ceres
ð± JOU ROL
Jy sal die persoon op die grond wees wat sorg dat die produksieplanne werklik uitgevoer word.
Jou verantwoordelikhede sal onder andere insluit:
- Beplan, koördineer en bestuur alle daaglikse vrugteproduksie-aktiwiteite.
- Bestuur en monitor appel- en peerboorde deur die verskillende produksiefases.
- Monitor boom- en vruggesondheid en implementeer effektiewe plaag- en siektebeheerprogramme.
- Bestuur besproeiings- en bemestingsprogramme.
- Beplan en koördineer snoei, uitdunning en oesaktiwiteite.
- Lei, motiveer en ontwikkel n span van ongeveer 46 permanente werknemers, asook seisoenale werkers.
- Stel daaglikse en weeklikse werkplanne op en verseker dat produksieteikens bereik word.
- Delegeer take en monitor produktiwiteit, kwaliteit en werksverrigting.
- Hanteer personeeladministrasie, dissipline en bywoning.
- Verseker nakoming van GlobalG.A.P., Nature's Choice en SIZA-standaarde.
- Hou akkurate produksie-, arbeids- en ander plaasrekords.
- Ondersteun begrotings- en kostebeheer.
- Koördineer algemene plaasadministrasie en verslagdoening.
- Identifiseer probleme vroegtydig en neem praktiese besluite om produksie glad te laat verloop.
ð WIE SOEK ONS?
Ons is op soek na iemand wat nie bang is om sy/haar stewels vuil te maak nie n persoon wat tussen die boorde wil wees, mense kan bestuur en verstaan dat goeie vrugteproduksie n kombinasie van kennis, dissipline, beplanning en praktiese betrokkenheid vereis.
Jy behoort te beskik oor:
- n Tersiêre kwalifikasie in Landbou, Hortologie, Plantfisiologie of n verwante rigting.
- Ten minste 5 jaar se kommersiële vrugteproduksie-ervaring.
- Sterk kennis van boordbestuur.
- Praktiese kennis van appel- en peerproduksie sal n sterk voordeel wees.
- Kennis van GlobalG.A.P. en verwante sertifiseringsvereistes.
- Goeie leierskap- en mensebestuursvaardighede.
- Sterk beplannings-, kommunikasie- en probleemoplossingsvermoë.
- Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede.
- Die vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem.
- n Hoë vlak van dissipline, akkuraatheid en professionaliteit.
ð¡ WAT WORD AANGEBIED?
n Mededingende, markverwante vergoedingspakket word aangebied, wat onder andere insluit:
- Maatskappy-aftreefonds
- Mediese fonds
- Behuising / akkommodasie
- Geleentheid om deel te wees van n gevestigde vrugteproduksie-onderneming
- n Langtermyngeleentheid vir n kandidaat wat hom/haarself in vrugteproduksie wil vestig
ð Aanvang: So spoedig moontlik
ð As jy weet hoe om n boord te bestuur, n span te lei en resultate te lewer, wil ons van jou hoor!
HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentGouda, 26 km from Ceres
Our client, based in Gouda, Western Cape, is a dynamic manufacturing and innovation company specialising in innovative fruit-based products for local and international markets. The Group is looking for a Production Manager to oversee and optimise...
MECS AfricaWorcester (WC), 33 km from Ceres
Minimum Requirements
• Qualified Tool Maker (essential)
• Mechanical Engineering qualification (advantageous)
• Minimum 5 years' production management experience
• At least 3 years' people management experience
• Good understanding of Health...
HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentCeres
INSTANDHOUDINGS- & OPERASIONELE BESTUURDER
Ceres Karoo
’n Gasteplaas, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n ervare, selfstandige en prakties-georiënteerde persoon/egpaar om deel te word van die bestuurspan. Die kandidaat sal...
Recommended jobs: