HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo

apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department placeCeres calendar_month 

HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER

Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo

’n Eksklusiewe lodge, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n dinamiese en verantwoordelike Hoofsjef & Lodge Bestuurder om die span te lei en ’n uitstekende ervaring aan alle gaste te bied. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die kombuis, gaste-ervaring en daaglikse lodge-operasies, terwyl die persoon self ook prakties deelneem aan die kombuis- en lodge-werk.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE
  • Beplanning, voorbereiding en bediening van hoëgehalte maaltye.
  • Ontwikkeling van spyskaarte volgens gaste se behoeftes en operasionele vereistes.
  • Voorraadbeheer, aankope, bestellings en ontvangs van voorraad.
  • Effektiewe kostebeheer en beperking van vermorsing.
  • Bestuur van voedselkwaliteit, higiëne en voedselveiligheidstandaarde.
  • Leiding, opleiding en ontwikkeling van kombuis- en ondersteuningspersoneel.
  • Hantering van spesiale dieetvereistes en individuele gasteversoeke.
  • Verseker ’n warm, professionele en uitsonderlike gaste-ervaring.
  • Toesig oor die lodge se daaglikse bedrywighede en dienslewering.
  • Koördinering met ander departemente en personeel.
  • Administrasie, verslagdoening en operasionele beplanning.
VEREISTES
  • Ervaring as Hoofsjef, Sjef, Lodgebestuurder of in ’n soortgelyke gasvryheidsposisie.
  • Sterk leierskap- en organisatoriese vaardighede.
  • ’n Passie vir kos, gasvryheid en uitstekende diens.
  • Kan selfstandig werk en goeie besluite onder druk neem.
  • Prakties en bereid om self in die kombuis en lodge te werk.
  • Goeie kommunikasie- en mensevaardighede.
  • Betroubaar, professioneel en energiek.
  • Hoë standaarde ten opsigte van netheid, higiëne en diens.
  • Goeie administratiewe en kostebeheer-vaardighede.
  • Geldige rybewys en eie betroubare vervoer.
WERKSOMSTANDIGHEDE
  • Ligging: Ceres Karoo – ongeveer 130 km vanaf Ceres / ±1 uur 45 minute se ry.
  • Verblyf beskikbaar op die perseel.
  • Eie vervoer is noodsaaklik weens die afgeleë ligging van die lodge.

AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013

apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentplaceCeres
verantwoordelik wees daaglikse gaste-ervaring, besprekings, administrasie, huishouding en algemene lodge-, selfsorg- eenhede- en kampterrein-bedrywighede. Hierdie persoon sal die eerste kontakpunt vir gaste wees en moet verseker dat elke gas vanaf die aanvanklike...
apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentplaceCeres
verantwoordelik wees vir die funksionaliteit, instandhouding, veiligheid en algemene voorkoms van die lodge, selfsorg-eenhede, kampeerterreine, ablusiegeriewe en ondersteunende infrastruktuur. Die ideale kandidaat is prakties, tegnies vaardig, proaktief en...
apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentplaceCeres
INSTANDHOUDINGS- & OPERASIONELE BESTUURDER Ceres Karoo ’n Gasteplaas, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n ervare, selfstandige en prakties-georiënteerde persoon/egpaar om deel te word van die bestuurspan. Die kandidaat sal...