FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER Ceres Karoo

apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department placeCeres calendar_month 

FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER

Ceres Karoo

’n Gasteplaas, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n professionele, vriendelike en betroubare persoon/egpaar om deel te word van die bestuurspan. Die kandidaat sal verantwoordelik wees daaglikse gaste-ervaring, besprekings, administrasie, huishouding en algemene lodge-, selfsorg- eenhede- en kampterrein-bedrywighede.

Hierdie persoon sal die eerste kontakpunt vir gaste wees en moet verseker dat elke gas vanaf die aanvanklike navraag en bespreking tot met vertrek ’n professionele en aangename ervaring geniet.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE
  • Bestuur van besprekings, navrae en alle gastekommunikasie.
  • Koördinering van inklok-, uitklok- en opvolgprosesse.
  • Verseker van uitstekende kliëntediens en gaste-ervaring.
  • Daaglikse toesig oor huishoudelike personeel.
  • Beplanning en bestuur van skoonmaakprogramme.
  • Opstel van personeelroosters, verlof- en R&R-skedules.
  • Opleiding, leiding en toesig van personeel.
  • Ontwikkeling en implementering van inspeksie- en kwaliteitsbeheerprosesse.
  • Bestuur van linne, skoonmaakmiddels en verbruiksgoedere.
  • Gereelde inspeksie van lodge-, selfsorg- en gemeenskaplike fasiliteite.
  • Identifisering en rapportering van instandhoudingsbehoeftes.
  • Effektiewe kommunikasie tussen ontvangs, kombuis, huishouding, instandhouding en bestuur.
  • Algemene administrasie, rekordhouding en verslagdoening.
  • Verseker dat die lodge-, selfsorg- en gemeenskaplike fasiliteite deurgaans netjies, professioneel en gasgereed is.
VEREISTES
  • Uitstekende mense- en kommunikasie-vaardighede het.
  • Sterk administratiewe, rekenaar en organisatoriese vermoëns het.
  • Goeie aandag aan detail het.
  • Kliëntediens en gasvryheid eerste stel.
  • 3 Jaar ervaring in lodge-, hotel-, gastehuis- of gasvryheidsbestuur het.
  • Têrsiere opleiding in gasvryheid of hotelbestuur sal in u voordeel tel
  • Onder druk kan werk en verskeie take gelyktydig kan hanteer.
  • Eie vervoer
  • Bereid is om op ’n afgeleë plaasomgewing te woon en permanent teenwoordig te wees.
EKSTRA INLIGTING
  • Permanente verblyf op die plaas word vereis. ±130km vanaf Ceres
  • Bestuurs-paar/egpaar: Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir ’n egpaar om die twee poste gesamentlik te vervul – een met fokus op Gaste-ervaring & Administrasie en die ander op Instandhouding & Operasionele bestuur.
  • Individuele aansoeke vir enige van die twee poste is welkom

AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Werwings-prosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.

apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentplaceCeres
INSTANDHOUDINGS- & OPERASIONELE BESTUURDER Ceres Karoo ’n Gasteplaas, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n ervare, selfstandige en prakties-georiënteerde persoon/egpaar om deel te word van die bestuurspan. Die kandidaat sal...
local_fire_departmentUrgent

Debiteure Klerk / Debtors Clerk

apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentplaceCeres
Ons kliënt,'n gevestigde en welbekende mediese praktyk in Ceres, is op soek is na 'n noukeurige Debiteure Klerk. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die effektiewe bestuur van pasiënte-rekeninge, die indiening van eise by mediese...
apartmentHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR DepartmentplaceCeres
HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo ’n Eksklusiewe lodge, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n dinamiese en verantwoordelike Hoofsjef & Lodge Bestuurder om die span te lei en ’n uitstekende ervaring aan alle...